Vrydag 02 Februarie 2018

South African Airways Flight 228 val in Windhoek

Petro verskuif in haar rolstoel en leun oor die tafel om die kersies op die koek dood te blaas. Gelukkig het die kinders nie besluit om sewentig kersies op te sit nie. Kyk, dan moes hulle vandag die brandweer laat kom het! Almal juig en klap hande toe sy uiteindelik die sewe kersies dood het.

Almal is nou vuur en vlam om, soos hulle sê, die huis se dak rooi te verf, maar sy is stil. Sy sit en geniet die manewales van die kleinkinders en gesels so hier en daar saam.

Sy is stil. Almal weet dat haar verjaardag nie goeie herinneringe inhou nie, daarom sukkel hulle nie te veel met haar nie. So gaan dit nou al vir die afgelope vyftig jaar al. Hierdie dag, haar verjaardag, bly vir haar ‘n seer dag.

Sy verskoon haarself en gaan kamer toe. Die herinneringe is opeens heeltemal te veel vir haar. Met ‘n sug gaan sy op die bed sit...

“Hallo! Is iemand tuis?” bulder Adriaan van die deur af. Hy lyk soos ‘n klein seuntjie wat so pas sy eerste fiets gekry het.

“Maak toe jou oë, my blom,” sê hy terwyl hy haar na die naaste stoel toe lei.

“Wat het jy nou weer aangevang, my man?” wil sy laggend weet.

Onder groot gelag kry hy haar darem dat sy op die stoel sit met toe oë.

Toe sy uiteindelik haar oë mag oopmaak, staan hy op sy knieë voor haar met twee vliegtuigkaartjies Duitsland toe. Oor twee maande gaan hulle Duitsland toe vir die vakansie waarna hulle albei so baie uitgesien het.
As hulle maar nooit gegaan het nie. Sy sit en staar in die niet. Hoe anders sou haar lewe nie gewees het as daardie dag, Dinsdag 30.4.68 nooit aangebreek het nie.
Die lughawe is ‘n warboel van mense. Dit laat haar dink aan die basaar in hulle dorp toe sy klein was. Almal lag en gesels en kinders hardloop rond. Van wanneer af klink dit so op ‘n lughawe, wonder sy by haarself. Maar sy troos haar daaraan dat almal uitsien na die vlug en daarom maak dit seker nie so baie saak nie.

Die passasiers wat van Johannesburg af kom lyk almal nog fris en vars. Dit is mos net ‘n uur of wat tot in Windhoek. Maar die vlug wat voorlê is ‘n lang vlug, dit weet sy. Hiervandaan is dit tot in London, dan Luanda en Las Palmas en dan, uiteindelik! Frankfurt.

Toe hulle vlug aangekondig word, is sy so opgewonde soos ‘n klein dogtertjie. Dit bly nog vir haar ‘n droom dat hulle regtig op pad Duitsland toe is. Adriaan ken nie haar oom en tannie wat daar bly nie, maar sy weet hulle sal goed oor die weg kom.

“Adriaan, dankie vir hierdie ontsettende groot verjaardaggeskenk, my man.” Sy leun teen hom aan toe die vliegtuig opstyg. Vir ‘n oomblik is sy jammer dat hulle so voor in die vliegtuig sit, maar dan besluit sy dat dit tog ook nie regtig saak maak nie.

En toe gebeur dit!

Het hulle gegil? Sy weet nie. Het iemand ooit besef wat gebeur het voordat dit te laat was? Sy kan vandag nog altyd nie daarop antwoord nie.

Dit is nagdonker toe sy tot haar sinne kom. Die pyn in haar liggaam is oorweldigend, maar sy besef sy moet wegkom van die helse vlamme hier teen haar. Sy probeer beweeg, maar kan nie. Sy wil om hulp roep, maar kan nie.

Die vuur. Die pyn. Die vrees.

Adriaan! Adriaan, hoor jy my? Waar is jy, my lief?

Van ver af hoor sy sirenes, maar dit voel soos eeue voordat die ligte uiteindelik oor haar val. Eers sien hulle haar nie. Sy probeer om haar hand op te lig sodat iemand haar kan raaksien, maar dit is nie fisies moontlik vir haar nie. Die vlamme. Here, die vlamme gaan my verteer!

Iewers hoor sy mense praat. Iemand huil verskriklik. Sy weet nie of dit dalk sy is wat so huil nie. Die donkerte sak genadiglik oor haar toe en sy weet nie toe hulle haar op die draagbaar sit en na die ambulans toe dra nie.

Drie weke later kom sy die eerste keer by. Haar ma buk oor haar en vryf oor haar hare. “Welkom terug, Ma se kind.”

“Mamma. Adriaan?” kom dit saggies uit haar droë mond.

“Ag, my kindjie, ek is so jammer. Adriaan het hier op die bed langs jou gelê vir drie dae. Hy het hard probeer, maar hy kon nie langer uithou nie. Adriaan is weg, my kindjie.”

Dit is vyftig jaar gelede, maar voel soos gister. Toe sy en Deon ‘n paar jaar later getroud is, was Adriaan se ouers die eregaste op die onthaal.

Liewe Adriaan wat haar so graag Duitsland toe wou gevat het.


South African Airways Flight 228
From Wikipedia, the free encyclopedia

Fifty seconds after take-off, it flew into the ground in flight configuration at a speed of approximately 271 knots (502 km/h). The four engines, which were the first parts of the aircraft to derby touch the ground, created four gouges in the soil before the rest of the aircraft also hit the ground and broke up. Two fires immediately broke out when fuel in the wings ignited. Although the crash site was only 5,327 metres (17,477 ft) from the end of the runway, emergency services took 40 minutes to reach the scene because of rugged terrain. Nine passengers who were seated in the forward section of the fuselage initially survived, but two died soon after the accident, and another two a few days later, leaving a final death toll of 123 passengers and crew.
The investigation was complicated by the fact that the aircraft did not have a flight data recorder or cockpit voice recorder; the devices became mandatory from 1 January 1968, but the airline's inability to procure recorders meant that several SAA aircraft, including ZS-EUW, did not yet have the equipment fitted. Captain Smith had 4,608 flying hours on the Boeing 707, but only one hour on the new type 344C, which furthermore had been under instruction. The official investigation concluded that the aircraft and its four engines were in working order—primary fault lay with the captain and first officer, in that they "failed to maintain a safe airspeed and altitude and a positive climb by not observing flight instruments during take-off"; no blame was attributed to the third pilot, whose responsibility it was to monitor the radio, and who was unable to monitor the flight instruments from his position in the cockpit.


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

OUJAAR EN SY DINGE

  Die ure Nuwejaar toe stap nou vinnig aan. As Kersfees verby is, is dit asof die hele mensdom en die natuur skielik asem ophou … waarvoor? ...